|
ONVERVANGBARE AANVAARDING
Ouboet word drie hierdie jaar oud, so ons moet begin dink aan speelgroepie toe gaan. Soms kan ek nie mooi agterkom of hy nie die rokspante wil los en of ma nie die broekspante wil los nie. Na n sorgvuldige soektog ontdek ons die ideale drie- oggende-n-week-speelgroepie. En die wonderlikste van alles is ek kon Oktober en November saam met hom speelgroepie toe gegaan het, sodat al die kindertjies en die juffrouens aan mekaar gewoond kan raak. Ek mag ook wanneer die groepie weer in die nuwejaar oopmaak so lank bly as wat ek wil. So ma is ontspanne en tevrede en Ouboet is in sy skik met al die nuwe maatjies.
So woon ons eenkeer n les by en hulle doen die horlosie. Ma en kleinsus sit in die hoek en ouboet neem baie entosiasties deel. Toe hulle by tweeuur kom spring hy opgewonde op en s๊: Ek is twee jaar oud! Maar te veel maatjies praat gelyk en die juffrou hoor hom nie. Hy het toe maar net weer stil gaan sit en verder geluister. Maar my moederhart het inmekaargekrimp. Na die speelgroepie gaan pak ek af by my wyse ousus en weereens het haar wyse woorde my gerus gestel. Onthou net, s๊ sy, jou kind se sekuriteit l๊ nie in die juffrou nie, maar in jou. Daarom gaan hy nie verwerping ervaar wanneer die juffrou hom dalk nie hoor nie.
Die hele patalje herrinner my toe weer aan so n waar ding wat ek nou die dag raakgelees het:
n Kind wat tuis aanvaar word, het nie nodig om aanhoudend in die buitew๊reld aanvaarding te soek nie.
|