GASTEBOEK

Lees wat ander te sê het oor inAfrikaans.com.

Aletta Jacobs

Ons geniet die pretpakke VERSKRIKLIK BAIE!! Dis werlik ‘n wonderlike “produk” wat julle uitgee! BAIE GELUK!!

Alida Schwarck

Ek geniet dit om julle webblad te lees hier ver in duitsland. Dankie vir julle webblad.

Alma Kasselman

Ek het die gratis lessie “onder die see” met my seun gedoen en hy het dit so baie geniet .

Alta Bezuidenhout

Nogmaals baie dankie vir julle blink idée en puik website.

Alta Bezuidenhout

Ek is een van die moeders van ‘n 5 jarige kindjie wat julle pakkette ontvang. Mag ek asb ook net noem, dat ek nou sommer die Arbeidsterapeut klasse gelos het aangesien dit wat julle pakkette aanbied presies is wat sy met my dogtertjie doen.

Amanda Pretorius

ek het reeds die eerste een wat verniet was gekry en my seuntjie van 4 geniet die liedjies en die stories vreeslik.

Barbara Muller

Ek het 'n speelgroep van 10 kleuters. Dit is die rede waarom ek aangeteken het. Ek gaan defnitief gebruik maak van die wonderlike dinge en sal ook die inligting bekend maak aan die ouers.Groete en sterkte met julle pragtige projek.

Brunilda Monnig

Baie baie dankie! Ek is mal oor julle site. Vertel vir almal wat ek hier sien wat Afrikaans is daarvan. Dankie vir die website, hou so aan.

Celeste Espach

Nogmaals baie dankie vir jou moeite en ‘n puik website.

Charlize Rossouw

Ek wil dankie sê vir die wonderlike web site!!

Christa van Staaden

My dogtertjie van 2 ½ geniet die musiek baie!

Cornel Mc Leod

Baie dankie vir die CD's dit werk wonderlik.
Ek gee die volgende 2 weke vir Graad R klas en dankksy julle is al my lesse reeds uitgewerk!!! Die kinders onthou elke liedjie en storie.

Elaine Hough

Ek is so opgewonde oor julle wonderlike webwerf, ek kan nie gou genoeg vir almal wat ek ken van julle vertel nie.

Erika Coetzee

Dankie vir 'n puik produk, ek is so opgewonde daaroor!

Felitia Truter

Hierdie kompakte, verbruikers vriendelike afrikaanse materiaal wat ek in my eie voorhuis kry help baie!!!!!!!Hou aan met die goeie werk!!!!!! Julle gaan nog baie hoë hoogtes bereik hierdeur!!!!

Gerda Grobbelaar

Dit is regtig 'n baie oulike idee en ek hoop julle het baie sukses met die projek.

Gezina

Ons is so BLY daar is uiteindelik iemand wat die moeite gedoen het om iets in Afrikaans vir ons kinders te doen!!

Hanlie Vorster

Baie dankie vir die CD. Ons het hom gister ontvang en die kinders het hom al op geluister. Hulle is mal daaroor.

Hanlie Vorster

Baie dankie vir julle puik produk!

Hannetjie Holtzhausen

My kinders van onderskeidelik 2 en 1 jaar geniet die liedjies en stories verskriklik. Baie dankie

Helen Schultz

... om te sê sterkte met jul blad! Dis 'n puik idee en ek sal dit 'adverteer' sover as ek met ouers gesels. En met net Tieners oor glimlag ek oor wat voorlê... volwasse ouers kan dit oorleef en selfs geniet!

Henriette Smit

Baie dankie vir ‘n uitstekende program.

Hester du Toit

Ons is opgewonde en vertel vir almal wat ons ontmoet wat met onderrig werk.

Hesti Freeman

...... aangesien ek so baie nut vind in jul produk!!!!!!!!

Hesti Freeman

Baie dankie vir julle fantastiese konsep, as kleuterskool onderwyseres is ek so bly om so 'n volledige hulpbronne in my eie taal kan kry.

Hestie Ferreira

Baie dankie vir die wonderlike webtuiste - my 3 geniet dit vreeslik en het al baie geleer.

Hilda en Hannes

Dankie vir die pragtige program. Hannes is blind en kan nie wag dat die Maandag moet aanbreek sodat ek die nuutste storie en liedjie en ander moet aftrek nie. As hy met die bus kom is sy eerste woorde : het ma die storie geskryf".

Ilze Esterhuizen

Ek het al al my vriende en ook sommer die Laerskool vertel van julle website en die hele onder die see uitgedruk en vir die juffrou by die skool gegee, ek dink dit is fantasties wat julle doen, baie baie dankie.

Ingrid Moolman

Baie geluk met ‘n briljante konsep – ons as Afrikaans-sprekende familie (met 2 kinders in die 2-6 jaar ouderdomsgroep) in Australie voel ons sal baie baat vind hierby, so ons wil sommer dadelik aansluit.

Irma en Marius

Ek is so bly ek het die webwerf ontdek.

Irma Smit

Baie Baie dankie. Ek het julle webwerf ontdek in die Rooi Rose. Sien uit daarna om saam met Marius alles aan te pak.

Izelle

Dankie weereens, my 3 jarige oue seuntjie is omtrent uit sy vel uit oor Onder die See liedjie...

Jacques du Plessis

EK dink dit gaan 'n lekker kuierhoekie vir kinders wees. Mooi so. Sterkte met die ontplooiing hiervan.

Jeanette

Julle het ‘n wonderlike ding hier begin met Bester.

Johan Fouché

Ek het 'n blinde seuntjie (8)en gaan die hele weeklikse program met hom deur. Hy kleur die prentjies in en luister na die stories en liedjies.Ons Ons doen selfs die aktiwiteite saam met hom. DANKIE vir die program. Hou so aan.

Johannes Loubser (St. Pietersburg - Rusland)

Ek dink wat julle doen is fantasties en wanneer my kinders ouer is gaan ek definitief van julle webblad gebruik maak!

Juanita Jacobs

Ek weet nie wie sal dit die meeste gebruik nie, die ma en pa of die kinders!!

Lana Smith

Baie dankie vir julle pragtige musiek en stories. Ek en Stian geniet dit vreeslik en lag te lekker.

Leona Kleinhans

Ek wil begin deur te sê wel gedaan met jul nuwe program. Ek het so gesoek na iets in AFRIKAANS om met seun deur te werk. Dink inafrikaans.com is baie oulik!!

Lilanie Booysen

Wat ook vir my interessant was, was die syfertjies wat hy met ‘n potlood kan oorgaan, omdat hulle nou op skool dit doen. ...waardeer dat jy terug geantwoord het – dit wys my dat daar werklik ‘n belangstelling teenoor ons en ons kinders is.

Lilanie Booysen

Dit sal kinders ontsaglik help met skool werk en speel speel sal hulle die werk leer wat hulle ook moet ken vir die skool.

Lize de Kock

Baie dankie en ek is mal oor dié projek!! Ek gebruik dit vir my swakker leerders in die klas ... en kry vir die eerste keer 'n hele klas aan die lees!

Lizell uit Saudi-Arabië

Ons wil graag haar afrikaanse agtergrond behou en daarom sal dit vir ons lekker wees om veral die stories, rympies, liedjies en ander eg afrikaanse sê-goed en dinge met haar te kan deel.

Maretha Kritzinger

Baie dankie vir my gratis cd van Goed, Beter, Bester!! dis vreeslik oulik.

Mari James

Julle het 'n "great website" hou so aan, my dogtertjie geniet dit baie.

Mari James

My dogtertjie geniet elke week se tema, en kan gewoonlik nie wag vir die volgende week se aktiwiteite en storie nie. Baie dankie vir hierdie wonderlike website wat julle lewer. Hou so aan!!

Marisé Ciccarelli

Baie dankie dat julle vir ouers die wonderlike geleentheid om Afrikaans ons kinders oor te dra. Ons sien almal uit na die lekker projekte. My man is Italiaans en is net so opgewonde oor inafrikaans - hy hoop dit sal sy taalsgebruik ook verbeter.

Marthie Bosman

Baie dankie vir julle wonderlike webtuiste.

Michelle Strydom

Dankie vir 'n baie oulike program. Ons sit in Duitsland tans, vir 2 jaar, en dit is maar moeilik om enigiets afrikaans te hoor.

Mimi Smith

Hierdie ouma was al moedeloos oor wat vir haar kleinkinders beskikbaar is en toe sien ek julle op Kwela !! Wat 'n blye dag !!!!!!!! KAN NIE WAG OM MY KLEINKIND TE LEER VAN WISKUNDE EN WETENSKAP NIE !!!!!

Monika Roode

As ouma van 'n kleinkind wat in ver in die buiteland sit het ek die laaste jaar ernstig gesoek na Afrikaanse boeke, liedjies en ander dinge spesifieke op kinders gemik. Ek moet julle bedank en gelukwens met 'n wonderlike projek.

Nandie Classen

Baie dankie. Ek en Martin voel reeds welkom by julle veral nadat ons gister die CD ontvang het. Daar was geen twyfel of ons nog wil aansluit al dan nie. Wees verseker, ek sal julle by al sy maatjies en die se mammas adverteer.

Olga Botes

Moet sê ek is baie beindruk met julle progam. Nogmals dankie vir iets in Afrikaans want dit is skaars vandag.

Pieter Myburgh

Fantasties webwerf!!!

René Schoombee

Die kinders geniet dit vreeslik!

Roachay Blaauw

Ek is mal oor jul kinderliedjies. So ook my dogtertjie, sy kan nie wag vir die volgende een!

Sally van Rensburg

Die HELE Bester ding is fantasties hoor!!

Sharé Hobkirk

En weereens baie dankie vir hierdie wonderlike diens. Ek sien baie uit daarna om al hierdie lekker dinge te doen met die kinders.

Susan Groenewald

Ek dink dit is 'n uitstekende idee en wil julle graag gelukwens daarmee. Veral die ouers in die buiteland wat 'n stryd het om jou kind bloot te stel aan tot 4 tale.

Thespina Louw

Oulike website hoor !!!

Yvonne

Ek vind dit baie opvoedkundig en dink daar moes lankal so iets gewees het. Ek was beried om duisende te spandeer vir my kind se opvoeding tot ek julle ontdek het en dis kos nie duisende nie en dit werk.Wat meer wil 'n ouer hê.

Yvonne vd Gryp

Die pretpakke is fantasties ek geniet dit net so baie soos my seuntjie, hy kan nie genoeg kry nie. Wat goed is.

Zelda

n Vriendin het my gister vertel van julle website, en WOW dit is absoluut fantasties. Daar is so min afrikaanse literatuur beskikbaar vir kinders, as ek ‘n boek in die winkels sien dan koop ek, en hier maak julle dit soveel makliker.

Zelda Duvenage

Ek wil ook sommer net vir julle dankie sê vir die stories, my kinders leef absoluut vir ‘n Maandag as Bester kom.

Zelda Swart

DANKIE! Julle is oulik hoor!

Vertel ons gerus wat inAfrikaans.com vir jou in jou lewe beteken. Stuur 'n e-pos na bester@inafrikaans.com. Ons verneem graag van jou.

   
     
© Kopiereg inAfrikaans.com. Alle regte voorbehou.
Webtuiste deur QuickSolve
inAfrikaans.com Dokumentasie
Terme & Kondisies - Vertroulikheidsbeleid
Hoe om aan te sluit?