|
|
|
VERTROULIKHEIDSBELEID
Ons verbind ons hiermee tot die beskerming van u privaatheid.
Hierdie vertroulikheidsbeleid is van toepassing op al die webbladsye
van hierdie webwerf.
Die inligting versamel op die online vorms van die webwerf word
gebruik om die verbruiker wat inteken, persoonlik te identifiseer.
Hierdie inligting sal vir geen ander doel gebruik word, anders as
wat vermeld word in terme van die terme en voorwaardes van die
gebruik van die dienste nie. Geen persoonlike inligting sal verkoop
of bekend gemaak word aan enige ander persoon nie.
Die webwerf mag sekere inligting bekom in verband met u besoek aan
die werf, soos die naam van die Internet Dienstevoorsiener asook die
Internet Protokol (IP) adres waardeur u toegang verkry tot die
internet, die datum en tyd van u besoek aan die werf, die bladsye
deur u besoek onderwyl u op die werf is en die internet adres van
die webwerf waardeur u direk aan die werk verbind het. Hierdie
inligting word gebruik om by te dra tot die verbetering van die
werf, om tendense te analiseer en om die werf te administreer.
Ons mag van tyd tot tyd genoodsaak word om die beleid te verander om
ons in staat te stel om nuwe onderwerpe aan te spreek en om
veranderinge aan die werf te reflekteer. Ons sal hierdie
veranderinge op die webwerf plaas sodat ons te alle tye kan weet
watter inligting ons versamel het, hoe ons van hierdie inligting
gebruik kan maak, en of ons hierdie inligting sal blootlκ aan enige
een. U word versoek om op n gereelde basis terug te verwys na
hierdie beleid.
Geliewe daarvan kennis te neem dat u aan ons n e-pos kan stuur sou
u enige navrae met betrekking tot ons vertroulikheidsbeleid het.
U stel te kenne u aanvaarding van ons vertroulikheidsbeleid deur
gebruik te maak van hierdie webwerf. U word versoek om nie van die
webwerf gebruik te maak nie, tensy u in aanvaarding is met vermelde
beleid. U voortdurende gebruik van die webwerf na aflaai van
bekendstelling van veranderinge, dui op u aanvaarding van hierdie
veranderinge.
|
|
|