TERME VAN GEBRUIK

DEFINISIES

“INAFRIKAANS.COM” is ‘n Web Tuiste op ‘n wêreldwye web van die Internet, wat bestaan uit inligtings dienste voorsien deur “INAFRIKAANS.COM”.

“Verbruiker” verwys na elke persoon wat aangesluit het tot toegang en gebruik van “INAFRIKAANS.COM”.

ALGEMEEN

Deur gebruik te maak van “INAFRIKAANS.COM” onderneem alle verbruikers om hulle te onderwerp aan die terme en voorwaardes hiervan. Die reg van gebruik van die verbruiker van “INAFRIKAANS.COM” is persoonlik en mag nie oorgedra word aan enige ander persoon of entiteit nie. Die verbruiker is verantwoordelik vir die gebruik van sy/haar verbruikersrekening en om toe te sien dat alle gebruik van verbruikersrekening volledig voldoen aan die bepalings van hierdie ooreenkoms. Die verbruiker sal verantwoordelik wees vir die beskerming van die vertroulikheid van die verbruiker se wagwoord(e).

U mag slegs van die webwerf gebruik maak om die inhoud te lees en wettige aankope te maak. Die webwerf mag ook nie gebruik word om enige spekulatiewe, valse of bedrieglike aankope te maak nie. Die verbruiker mag nie van die werf en inhoud op die werf afskrifte maak, dit herproduseer, herpubliseer, herlaai, pos, versend of versprei nie. “Deeplinking”, “embedding” of die gebruik van gelyksoortige tegnologie is streng verbode. Die ongemagtigde gebruik van inhoud/materiaal van hierdie werf is ‘n oortreding van die toepaslike kopiereg, handelsmerk of ander intellektuele eiendomsregte en ander toepaslike wette.

TOERUSTING

Die verbruiker sal verantwoordelik wees vir die verkryging en instandhouding van alle telefoon, rekenaar-hardeware en ander toerusting wat benodig word vir toegang tot en gebruik van “INAFRIKAANS.COM”, asook alle onkoste hieraan verbonde.

VERBRUIKERSGEDRAG

Die verbruiker sal slegs vir wettige doeleindes gebruik maak van “INAFRIKAANS.COM”. Verbruikers mag onder geen omstandighede deur middel van “INAFRIKAANS.COM” enige materiaal wat die regte van enige iemand anders kan benadeel of verbreek, pos of versend nie, wat onwettig, dreigend, onregmatig, lasterlik, indringend op privaatheid, onbeskofte, onbetaamlike of oneerbiedige materiaal wat aanleiding mag gee tot gedrag wat aanleiding kan gee tot ‘n kriminele oortreding, rede kon gee tot siviele aanspreeklikheid of tot oortreding van enige ander wette, of wat sonder die uitdruklike voorafgaande toestemming van “INAFRIKAANS.COM” enige advertering, of enige solisitering in verband met die produkte of dienste hierin bevat. Enige gedrag van ‘n verbruiker wat na die mening van “INAFRIKAANS.COM” enige ander verbruiker beperk of verhoed om van “INAFRIKAANS.COM” gebruik te maak en te geniet, sal nie toegelaat word nie. ‘n Verbruiker sal nie “INAFRIKAANS.COM” gebruik om te adverteer of enige kommersiële solisitasie uit te voer nie.

“INAFRIKAANS.COM” bevat kopiereg materiaal, handelsmerke en ander vermoënsregtelike inligting, insluitende, maar nie beperk tot, teks, sagteware, foto’s, film, grafiese werk en die hele inhoud van “INAFRIKAANS.COM” het kopiereg as ‘n kollektiewe werk onder die Suid-Afrikaanse kopieregwette. “INAFRIKAANS.COM” besit ‘n kopiereg in die seleksie, koördinasie, samestelling en verbetering van die inhoud, sowel as die oorspronklike inhoud. Die verbruiker mag nie die inhoud wysig, publiseer, versend, deelneem in die oordrag of verkoop, afgeleide werke skep, of in enige manier die inhoud uitbuit, in geheel of deels nie. Verbruiker mag slegs vir persoonlike gebruik die materiaal wat kopiereg het, aflaai.

Geen kopiereg, distribusie, publikasie of kommersiële uitbuiting van afgelaaide materiaal sal toegelaat word sonder uitdruklike voorafverkreë toestemming van “INAFRIKAANS.COM” en die kopiereg eienaar, afgesien van enige kopieregwette wat dit uitdruklik toelaat.

In die geval van enige toelaatbare kopiëring, herdistribusie of publikasie van kopiereg materiaal, sal geen wysiging in of skrapping van die skepper se toeskrywings of kopiereg aantekeninge gemaak word nie. Verbruiker erken dat hy/sy geen eienaarskap regte verwerf, deur die kopiereg materiaal af te laai nie.

Verbruiker sal nie dupliseer, aflaai, pos of andersins toeganklik maak op “INAFRIKAANS.COM” enige materiaal beskerm deur kopiereg, handelsmerk of ander vermoënsreg beskikbaar maak, sonder die uitdruklike toestemming van die eienaar van die kopiereg, handelsmerk, of ander vermoënsreg. Die onus rus op die verbruiker om vas te stel of enige materiaal beskerm is. Verbruiker sal uitsluitlik verantwoordelik wees vir enige skade as gevolg van enige ander skade as gevolg van sodanige oortreding. Deur materiaal te onderwerp aan enige publieke area van “INAFRIKAANS.COM”, verleen en waarborg die verbruiker dat die eienaar van sulke materiaal uitdruklik aan “INAFRIKAANS.COM” verleen, winsvrye, ewigdurende, onherroeplike, nie-eksklusiewe reg en lisensie vir gebruik, wysiging, publisering en verspreiding van sulke materiaal (geheel of deels) wêreldwyd en/of om dit te inkorporeer in ander werke/materiaal in enige vorm, media of tegnologie reeds bekend of hierna ontwikkel vir die volle termyn van enige kopiereg wat mag bestaan ten opsigte van sulke materiaal.

Verbruiker stem ook toe dat enige ander verbruiker toegang het tot die materiaal, dit te besigtig, stuur en herproduseer vir persoonlike gebruik. Die verbruiker verleen ook aan “INAFRIKAANS.COM” die reg om enige materiaal so beskikbaar gemaak aan “INAFRIKAANS.COM” deur die verbruiker te redigeer, kopieer, publiseer en te versprei.

AFSTANDDOENING VAN WAARBORG, BEPERKING VAN AANSPREEKLIKHEID

Verbruiker stem uitdruklik toe tot die gebruik van “INAFRIKAANS.COM” op die verbruiker se eie risiko.

Nòg “INAFRIKAANS.COM”, nòg sy affiliate of enige verteenwoordiger, werknemers, agente, derdeparty-inhoud verskaffers of verskaffers van lisensies waarborg dat “INAFRIKAANS.COM” onversteurd en foutvry sal wees. Hulle waarborg ook nie die akkuraatheid, betroubaarheid of inhoud van die inligting, dienste of materiaal verskaf deur “INAFRIKAANS.COM” nie.

Hierdie afstanddoening van aanspreeklikheid geld vir enige skade of skade veroorsaak as gevolg van die nalaat van nakoming, foute, weglating, onderbreking, uitwissing, gebrek, vertraging in transmissie, kommunikasielyn, diefstal of onregmatige toegang tot, wysiging van, gebruik van rekord hetsy vir kontrakbreuk, nalatigheid of enige ander skuldoorsaak.

Verbruiker erken spesifiek dat “INAFRIKAANS.COM” nie aanspreeklik gehou word vir lasterlike, beledigende regsoptrede van ander verbruikers of derde partye, en dat die risiko van skade van vermelde uitsluitlik op die verbruiker rus.

Ten toevoeging tot die bovermelde terme, nòg “INAFRIKAANS.COM”, nòg sy affilieerders, inligtingverskaffers of inhoudvennote sal aanspreeklik wees, ongeag die oorsaak of duur vir enige foute, onakkuraatheid, weglatings of ander gebreke in die inligting op “INAFRIKAANS.COM” bevat, of vir enige vertraging of onderbreking in die transmisie van inligting aan die verbruiker, of vir enige eise of verlies na aanleiding daarvan of veroorsaak daardeur. Nie een van die vermelde partye sal aanspreeklik gehou word vir enige derdeparty eise of verliese van enige soort, insluitend, maar nie beperk tot, verlies van profyt, bestraffende- of gevolgskadevergoeding.

Die gebruik van die inhoud van “INAFRIKAANS.COM” is verbied in areas waar die wet nie toelaat dat die afstanddoening ten volle toegepas mag word nie.

MONITERING

“INAFRIKAANS.COM” het die reg, maar nie die verpligting om die inhoud van “INAFRIKAANS.COM” te monitor, insluitende “chatrooms” en forums, om toe te sien tot die nakoming van die ooreenkoms en enige ander reels in werking, ingestel deur “INAFRIKAANS.COM”. “INAFRIKAANS.COM” het die alleenreg in hul alleen diskresie om te redigeer, te weier om te plaas of te verwyder enige materiaal ingedien op, of bekend gemaak op “INAFRIKAANS.COM”.

VRYWARING

Verbruiker onderneem om “INAFRIKAANS.COM”, sy affiliate, verteenwoordigers, offisiere, werknemers en agente te verdedig, vry te stel en skadeloos te hou teen alle eise en onkoste, insluitend prokureurskostes voortspruitend uit die gebruik van “INAFRIKAANS.COM” by die verbruiker.

ONS REGTE

Die reg word voorbehou om:

Te wysig of te onttrek, tydelik of permanent, die webwerf (of enige deel daarvan) met of sonder kennisgewing aan u en u bevestig dat ons nie aanspreeklik is aan u of enige derde party vir enige wysiging aan of onttrekking van die webwerf; en/of

hierdie bepalings van tyd tot tyd te verander en u voortdurende gebruik van die webwerf (of enige deel daarvan) wat volg op so verandering sal beskou word as u aanvaarding van so ‘n verandering. Dit is u verantwoordelikheid om op ‘n gereelde basis vas te stel of die bepalings verander is. Indien u nie saamstem met enige veranderinge aan die bepalings nie, moet u onmiddellik die gebruik van die webwerf staak.

Ons sal billike pogings aanwend om die webwerf in stand te hou. Die webwerf is onderhewig aan veranderinge van tyd tot tyd. U sal nie geregtig wees op enige vergoeding as gevolg van die feit dat u nie kan gebruik maak van die wegwerf of enige deel daarvan nie, of as gevolg van die nalatings, opskorting of onttrekking van die geheel of ‘n gedeelte van die webwerf as gevolg van omstandighede buite ons beheer nie.

VERTROULIKHEIDSBELEID

Ons verbind ons hiermee tot die beskerming van u privaatheid. Hierdie vertroulikheidsbeleid is van toepassing op al die webbladsye van hierdie webwerf.

Die inligting versamel op die “online” vorms van die webwerf word gebruik om die verbruiker wat inteken, persoonlik te identifiseer. Hierdie inligting sal vir geen ander doel gebruik word, anders as wat vermeld word in terme van die terme en voorwaardes van die gebruik van die dienste nie. Geen persoonlike inligting sal verkoop of bekend gemaak word aan enige ander persoon nie.

Die webwerf mag sekere inligting bekom in verband met u besoek aan die werf, soos die naam van die Internet Dienstevoorsiener asook die Internet Protokol (IP) adres waardeur u toegang verkry tot die internet, die datum en tyd van u besoek aan die werf, die bladsye deur u besoek onderwyl u op die werf is en die internet adres van die webwerf waardeur u direk aan die werk verbind het. Hierdie inligting word gebruik om by te dra tot die verbetering van die werf, om tendense te analiseer en om die werf te administreer.

Ons mag van tyd tot tyd genoodsaak word om die beleid te verander om ons in staat te stel om nuwe onderwerpe aan te spreek en om veranderinge aan die werf te reflekteer. Ons sal hierdie veranderinge op die webwerf plaas sodat ons te alle tye kan weet watter inligting ons versamel het, hoe ons van hierdie inligting gebruik kan maak, en of ons hierdie inligting sal blootlê aan enige een. U word versoek om op ‘n gereelde basis terug te verwys na hierdie beleid.

Geliewe daarvan kennis te neem dat u aan ons ‘n e-pos kan stuur sou u enige navrae met betrekking tot ons vertroulikheidsbeleid het.

U stel te kenne u aanvaarding van ons vertroulikheidsbeleid deur gebruik te maak van hierdie webwerf. U word versoek om nie van die webwerf gebruik te maak nie, tensy u in aanvaarding is met vermelde beleid. U voortdurende gebruik van die webwerf na aflaai van bekendstelling van veranderinge, dui op u aanvaarding van hierdie veranderinge.

"COOKIE" / OPSPORINGSTEGNOLOGIE

Ons werf mag van “cookie” en opsporingstegnologie gebruik maak, afhangend van die eienskappe wat aangebied word.

“Cookie” en opsporingstegnologie is dienlik vir die versameling van inligting soos “browser” tipes en bedryfsisteme, wat die nommer van die besoeker aan die werf opspoor en sodoende ons in staat te stel om te kan begryp hoe verbruikers die werf gebruik. Persoonlike inligting kan nie versamel word deur middel van “cookies” en ander opsporingstegnologie nie, alhoewel, sou u vantevore u persoonlike inligting voorsien het, mag “cookies” aan sulke inligting verbind wees. Saamgestelde “cookies” en opsporingstegnologie mag met derde partye gedeel word.

DERDE PARTY VERBINDINGS

In die poging om toenemende waarde aan die verbruikers te verskaf, mag ons toegang tot ander webwerwe of hulpbronne bied. U erken en stem saam dat ons nie verantwoordelik is vir die beskikbaarheid van sulke eksterne webwerwe of hulpbronne nie, en is nie verantwoordelik of aanspreeklik, direk of indirek, vir die privaatheidsbeleid of inhoud (insluitend misrepresentasie of beledigende inhoud) van sulke webwerwe, insluitend (sonder beperking) enige advertering, produkte of ander materiaal of dienste op of beskibaar op sulke webwerwe of hulpbronne, nog vir enige skade, verlies of aanstoot veroorsaak of bewerings veroorsaak deur of in verband met, die gebruik van of vertroue op enige van die inhoud, goedere, of dienste beskikbaar op hierdie eksterne werwe of hulpbronne.

AFLEWERINGSBELEID

As u besluit om sodoende ‘n aankoop by ons te maak, ontstaan daar wetlike verpligtinge en u reg tot terugbetaling van gelde belas tot u kredietkaart of op enige ander manier aan ons betaal, is beperk deur terme en bepalings. U word versoek om geen aankope deur hierdie werf te doen, tensy u al die terme en bepalings verstaan en aanvaar nie. Sodra betaling vir aankope geskied, word dit beskou dat u die terme en bepalings van aankope gelees het en dit verstaan en aanvaar. Geliewe ons te kontak sou u enige vrae hê in verband met aankope gemaak deur middel van die webwerf.

TERUGBETALINGS/TERUGBESORGINGSBELEID

Sou u enigsins verlang om u aankoop te kanselleer, sal u verantwoordelik wees vir ‘n hanteringsfooi van 15%. U word versoek om ons skriftelik in kennis te stel van u kansellasie en enige kansellasie moet onderteken word deur die persoon wie die oorspronklike aankoop gemaak het. Hierdie klousule beteken egter geensins dat sodanige kansellasie regmatig mag wees nie en sal u steeds aanspreeklik gehou word regtens terme en voorwaardes van sodanige aankope en/of skade vergoeding betaal aan ons.

BETALINGSOPSIES

Transaksies sal geprosesseer word in Suid-Afrikaanse Rand (ZAR). Ons aanvaar kredietkaart betalings deur middel van die webwerf en ons sal op aanvraag u voorsien van ons bankbesonderhede sou u verkies om betaling te maak deur middel van EFT of direkte deposito’s.

Bankbesonderhede:

Bank: Eerste Nasionale Bank
Rekening Naam: Inafrikaans
Rekening Nommer: 62112073838
Tak Naam: Jeffreysbaai
Takkode: 210515

VEILIGHEIDSBELEID

Virtueel Kaart Dienste prosesseer alle kredietkaart transaksies. Alle kredietkaart transaksies is 128bit “Secure Socket Layers” (SSL) “encrypted”. Die registrasie dokumente van die maatskappy en die webwerf se geregistreerde domein gekontroleer en bevestig deur Thawte, wat verseker dat die kaarthouer en die handelaar en niemand anders VCS (Virtueel Kaart Dienste) kan personeer om sodoende die persoonlike inligting te bekom nie. Virtueel Kaart Dienste verbind hulself tot die voorsiening van veilige “online” dienste. Alle “encryptions” voldoen aan die internasionale standaarde. “Encryptions” word gebruik om die onderwerping van persoonlike inligting te beskerm met voltooiing van die “online” transaksie. Virtueel Kaart Dienste Internet “servers” word beskerm deur brandmure en oortreding afdeling sisteme.

Die handelaar het nie toegang tot die krediet besonderhede nie.

Virtueeel Kaart Dienste hersien en verbeter op ‘n deurlopende basis hul sekuriteit in lyn met die tegnologiese veranderinge.

MONITERING

Ons het die reg, maar nie die verpligting, om enige aktiwiteit en inhoud geassosieer met die webwerf, te monitor. Ons mag enige aangemelde oortreding ondersoek van enige voorwaardes of oortredinge en mag enige aksie wat ons as geskik beskou, instel (wat mag insluit, maar nie beperk is tot, uitreiking van waarskuwings, opskortings, voorwaardelike toegewing vereistes of die instel van bepalings tot u toegang en/of verwydering van enige materiaal van die webwerf).

WETLIKE BEPALINGS

Alle bepalings word eksklusief beheer deur en verklaar in terme van die wette van Suid-Afrika, wie se howe eksklusiewe jurisdiksie in enige dispuut het, maar ons het die reg, volgens ons uitsluitlike diskresie, om aksie in te stel en voort te gaan met geregtlike stappe in ‘n alternatiewe jurisdiksie.

KONTAKBESONDERHEDE

Tel/Faks: (042) 296 2930

Sel: 082 888 0132

E-pos: bester@inafrikaans.com

ALGEMENE VRYWARING

NADEMAAL onderneem ek, die verbruiker, om gebruik te maak van INAFRIKAANS.COM en deel te neem aan opsionele aktiwiteite aangebied as vermaak op dié webwerf.

1. Ek bevestig hiermee dat ek gebruik sal maak en deel sal neem aan die aktiwiteite vervat in die webwerf, op my eie risiko.

2. Ek stel ook verder INAFRIKAANS.COM (lede, aandeelhouers, organiseerders en eienaars) vry van alle aanspreeklikheid en/of beserings van watter aard ookal, wat direk of indirek voortspruit uit die gebruik en/of deelname in die aktiwiteite en fasiliteite aangebied op dié webwerf.

3. Ek verstaan dat INAFRIKAANS.COM geen versekering of waarborge lewer ten opsigte van die toepaslikheid van enige handeling of deelname aan aanbiedinge hierin opgeneem nie. Ek onderneem hiermee vrylik en uit eie wil namens myself, my eksekuteur, administrateur, regmatige erfgename en opvolgers in titel, om nie regsvordering in te stel en regstappe te neem, te vrywaar, skadeloos en kwyt te stel INAFRIKAANS.COM, die lede, eienaars, organiseerders, beamptes, helpers, agente, van enige of alle aanspreeklikheid ookal in verband met enige verlies of skade aan enige van my eiendom of enige beserings ookal aan myself of selfs my sterfte, voortspruitend uit die nalatigheid van enige van die bogemelde partye of van enige oorsaak ookal, in die loop van die aktiwiteite en/of die gebruik van die beskikbare fasiliteite en/of toerusting ingesluit, aangedui of geadverteer, waaraan ek mag deelneem.

4. Ek aanvaar vrylik en vrywillig al die terme en voorwaardes waaronder alle of enige aktiwiteite onderworpe is. Ek onderneem om ten alle tye, onderwyl ek betrokke is by die aktiwiteite as deelnemer in die aktiwiteite en fasiliteite van die hoogste graad van sorg en veiligheid op te tree.

(IN DIE GEVAL VAN ‘N MINDERJARIGE):

Ek onderneem dat ek slegs van die webwerf gebruik sal maak onder toesig en bystand van my ouer/voog.

As ouer/voog van ‘n minderjarige aanvaar ek die terme soos hierin vervat.

As meerderjarige deelnemer aanvaar ek die terme en voorwaardes soos hierin vervat.

 

   
     
© Kopiereg inAfrikaans.com. Alle regte voorbehou.
Webtuiste deur QuickSolve
inAfrikaans.com Dokumentasie
Terme & Kondisies - Vertroulikheidsbeleid
Hoe om aan te sluit?