|
HOEKOM AANSLUIT BY INAFRIKAANS.COM?
Jy kry 52 nuwe liedjies, stories, rympies en
vele meer per jaar.
Elke week kry jy ‘n pretpak wat bestaan uit:
Alles word aangebied met die doel om die ouers
en die kind nader aan mekaar te bring te midde van hul besige
programme. Dit is iets wat ‘n ouer vars en nuwe idees gee om met
sy kind te doen.
Ons gebruik hulpmiddels wat in die huis beskikbaar of andersins
baie maklik bekombaar is.
Kuierhoekie
Kuierhoekie is ‘n interaktiewe forum waar ouers
vanoor die wêreld idees en wenke kan deel, raad vra of sommer net
oor hul kinders gesels.
Doelwit
-
Om Afrikaanse ouers en hul kinders nader aan
mekaar te bring met lekker, prettige doen-dinge.
-
Om ouers deel van hul kinders se wereld in
vandag se besige milieu te maak.
-
Ons wil ‘n Afrikaanse karakter skep wat as
positiewe en verstaanbare karakter in jou kind se lewe kan dien.
-
Om op ‘n prettige manier jou kind te
stimuleer en goeie beginsels op ‘n speelse wyse te leer .
Visie
-
Om gesinstyd en -pret te bevorder.
-
Ouers en kinders bymekaar te bring.
-
Om ‘n generasie van positiewe, jong
Afrikaanse kinders te kry wat in hulself glo, volgens sterk
beginsels leef en trots is op wie en wat hulle is en dan met
selfvertroue die wêreld aandurf.
-
Ons wil kinders blootstel aan allerhande
fasette van die lewe. Enigiets van diere tot musiek tot kuns.
-
Om beginsels vir lewenssukses op ‘n lekker
manier neer te lê.
Belangrike inligting
-
inAfrikaans.com is nie bedoel om
skoolvoorbereidend te wees nie, maar iets lekkers om saam met
jou kind te doen.
-
inAfrikaans.com is opgestel deur laerskool en
kleuterskool onderwysers.
-
inAfrikaans.com wil jou kind voorstel aan ‘n
wêreld van pret en nuwe ervarings.
-
Maandelikse kompetisies met hope pryse kan
gewen word.
Sluit nou aan of
kliek hier vir ons kontakbesonderhede sou u enige verdere inligting verlang.
|